Ouers eis antwoorde na beweerde seksuele aanranding van meisie (5) op skoolgrond

Lees ook :

Ouers eis antwoorde na beweerde seksuele aanranding van kind by skool speelgrond fotokrediet: Canva

SYDNEY, AUSTRALIЁ. – Ouers eis antwoorde by ‘n laerskool na ’n meisie (5) op 7 Maart glo deur ’n groep seuns op haar skool se speelgrond seksueel aangerand is. Alle ouers by die skool het eers twee weke na die beweerde voorval op 24 Maart ‘n e-pos gekry om te sê dat die beweerde voorval ondersoek word.

Lees ook: Akteur Val Kilmer op 65 oorlede

Dit volg na die ma van die meisie in ’n privaat WhatsApp-boodskap gesê het seuns het glo op 7 Maart die meisie gegryp, haar onderklere uitgetrek en haar geslagsdele bevoel en gekrap. Die ma het beweer haar kind moes na ‘n hospitaal geneem word en het verdowing nodig gehad om die badkamer te gebruik.

Volgens 7News het die ma gesê die onderwysers het die bloed van die meisie se bene en klere afgevee, maar hulle het haar nie laat weet van die beweerde voorval nie.

Die ma het verder gesê sy het voorheen gekla dat een van die seuns haar dogter en ander kinders herhaaldelik geslaan het, maar niks is daaraan gedoen nie behalwe “om die seun se tyd op die speelgrond te beperk”.

Die skoolhoof het in die e-pos aan ouers bevestig die voorval word deur die polisie en die departement van onderwys ondersoek, maar die ouers is woedend en wil antwoorde hê.

Bronne: The Mirror, Daily Mail, 7News

Lees ook: Akteur Val Kilmer op 65 oorlede

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief