VSA. – Die bekende akteur, Val Kilmer, is in die ouderdom van 65 oorlede. Hy was bekend vir sy rolle in Batman Forever en Top Gun, asook Top Gun Maverick.
Lees ook: Gene Hackman en Betsy Arakawa dood aan natuurlike oorsake
Volgens ‘n verklaring van sy dogter, Mercedes, is Kilmer aan longontsteking oorlede.
Mercedes het gesê hy is in 2014 met keelkanker gediagnoseer, maar het herstel. Hy was vir ‘n paar jaar uit die kollig, maar het in 2022 sy rol as Tom “Iceman” Kazansky in Top Gun Maverick hervat.
Bronne: CNN, BBC, USA Today
Lees ook: Gene Hackman en Betsy Arakawa dood aan natuurlike oorsake
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





