Ouers keelvol vir rotasie by onvoltooide Gautengse hoërskool

Lees ook :

Ouers keelvol vir rotasie-sisteem by onvoltooide Gautengse hoërskool. Foto ter illustrasie: Canva

PRETORIA-NOORD, GAUTENG. – Die rotasiesisteem by Theresa Park High School in Pretoria-Noord het ouers gister genoodsaak om aan ’n massastaking deel te neem.

Verlede jaar is leerders glo na die skool verwys toe daar ’n tekort aan spasie by ander skole in die noorde van Pretoria was. Gevolglik moes nege tydelike opslaanklaskamers by die naburige Amandasig High School opgerig word terwyl die skool klaar gebou sou word.

Ouers dring aan op antwoorde oor waarom die skool nog nie voltooi is, soos wat die departement van onderwys belowe het nie.

Die skool moes verlede jaar 1 200 leerders toelaat waarvoor hulle na bewering nie genoegsame plek gehad het nie. Die skool volg dus ’n rotasieskedule om al die leerders te akkommodeer. Graad 9’s woon slegs een maal per week skool by terwyl graad 8-leerders twee maal per week skool toe gaan.

IOL berig nagenoeg 90 leerders word in een opslaanklas geakkommodeer. Na bewering het dit nadelige higiëniese gevolge vir die leerders en onderwysers.

Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse departement van onderwys, sê hulle is bewus van die situasie by die skool. Hulle het inspeksie gedoen en sal die week meubels, fasiliteite en watertoevoer finaliseer.

Bronne: IOL, SABC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief