Ouma sterf toe voertuig haar op sypaadjie stamp

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Lettie Lourance (69) het op 3 September gesterf nadat sy deur ‘n voertuig op ‘n sypaadjie in Kimberley gestamp is. Sy het saam met haar kinders en kleinkinders in Ravenstraat, Roodepan, gestap toe die voorval omstreeks 20:00 plaasgevind het.

Volgens lt.kol. Sergio Kock is Lourance van agter deur ‘n maroenkleurige of rooi luikrugvoertuig getref. Die bestuurder het na die voorval gevlug, en die polisie ondersoek tans ‘n saak van strafbare manslag.

Die Roodepan-polisie vra die publiek se hulp om inligting oor die voorval te verskaf. Enigiemand met leidrade word versoek om kapt. Teno Slambert by 071 675 4427 of speur.sers. Mojalefa Setlai by 073 793 8583 te kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief