Oupa 20 j. tronk toe vir stiefkleindogter (7) se verkragting

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Oupa (68) is vir 20 jaar deur die Groblersdal-streekshof tronk toe gestuur nadat hy sy stief-kleindogter (7) verkrag en skuldig bevind is.

Volgens kol. Malesela Ledwaba het die oupa die kleindogter gedurende Maart 2023 verkrag. Hy het vir die slagoffer se ma gewag om die huis te verlaat en dan die kind in haar kamer verkrag. Na ‘n paar keer het die slagoffer haar ma van die verkragting vertel wat haar dokter toe geneem het. Die kind se ma het daarna ‘n saak by die polisie aangemeld, waarna die oupa in hegtenis geneem en vir verkragting aangekla is.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het die ondersoekwerk deur speur.sers. Pebetse Maile van Groblersdal-GKS wat tot die direkte vonnis van 20 jaar gelei het, geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief