Outistiese tiener spring glo na sy dood

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n Seun (18) met outisme is Dinsdagmiddag dood op die oprit van ‘n woonstelgebou in Verulam aangetref. Hy het glo van die derde vloer af na sy dood gespring.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n plasing die operasionele sentrum het omstreeks 15:45 ’n oproep vir dringende mediese hulp ontvang. Paramedici het die jong man in ’n oprit aangetref wat na parkeerplek in ‘n kelder lei. Hy het lewensbedreigende beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Daar is vasgestel dat die oorledene Maandag ná ‘n opname van twee weke uit King George-hospitaal ontslaan is. Hy was Dinsdag saam met sy ma tuis in hul woonstel, terwyl sy stiefpa by die werk was. Hy het aan sy ma gesê hy gaan toilet toe. ’n Paar minute later het sy na hom geroep, maar geen antwoord gekry nie. Sy het die balkondeur oop gevind en sy liggaam verskeie meters onder gesien lê.

Paramedici het letsels van slaanmerke wat gesond geword het aan sy buik opgemerk. Sy stiefpa het aan Rusa-beamptes gesê dat die tiener voorheen by familie op hul familieplaas in Maphumulo gewoon het, waar hy glo weens misverstand oor sy geestestoestand geslaan is.

Indien jy hulp nodig het of weet van iemand wat hulp nodig het kan die SADAG-hulplyn by 0800 567 567 gebel word. Indien jy meer oor autisme wil weet volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief