VSA. – Sean “P Diddy” Combs het onskuldig gepleit op nuwe aanklagtes dat hy glo werkers gedwing het om lang ure te werk en gedreig het om dié wat nie help met sy sekshandel nie, te straf.
Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs se regspan wil video’s hê van partytjies
Combs se verhoordatum is na 12 Mei uitgestel met die moontlike lede van die jurie wat op 5 Mei – die datum wat die verhoor oorspronklik sou begin – ondervra sal word.
Die regering se saak kan tot ses weke neem en Combs se verdediging kan twee weke duur.
Combs word aangekla van rampokkery, sekshandel en die vervoer van vrouens vir die doel van prostitusie.
Bronne: CBS News, ABC News, Unilad
Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs se regspan wil video’s hê van partytjies