P Diddy-verhoor begin vandag

Lees ook :

P Diddy verhoor begin vandag fotokrediet: Wikipedia

VSA. – Die verhoor van Sean “P Diddy” Combs sal na verwagting vandag begin met openingsargumente van beide die verdediging en die staat.

Lees ook: P Diddy pleit onskuldig op nuwe aanklagtes

Combs is in September 2024 in hegtenis geneem op verskeie aanklagte, insluitend rampokkery, sekshandel en die vervoer van vrouens vir doeleindes van prostitusie.

Hy is beskuldig daarvan dat hy die leier was van ’n sekshandelkring wat vrouens bedwelm, gedwing en gedreig het om tydens “freak off”-partytjies met mans seks te hê. Combs het onskuldig gepleit op alle aanklagtes en het gesê alle seks was konsensueel.

Twee getuies sal die eerste week kortliks getuig, waarna ’n derde getuie langer getuienis sal lewer.

Combs is ook aangekla in verskeie siviele sake waarin hy beskuldig is daarvan dat hy sy mag gebruik het om mense te bedwelm, aan te rand, te verkrag, intimideer en stil te maak.

Bronne: ABC News, EWN, BBC

Lees ook: P Diddy pleit onskuldig op nuwe aanklagtes

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief