Brekende Nuus
Afrikaans

Pa en seun by stortingsterrein doodgeskiet

Foto: Marilize Bender Facebook
Foto: Marilize Bender Facebook

OOS-KAAP. – Heinrich (47) en Tiaan Minnie (26), pa en seun, is Maandag by die Arlington-stortingsterrein in die Schoenmakerskop-gebied, doodgeskiet waar hulle besig was om vullis af te laai. Die polisie vra die gemeenskap se hulp om die skuldiges aan te keer en suksesvol in die hof skuldig te laat bevind.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die oorledenes het omstreeks 11:00 by die stortingsterrein aangekom en was besig om vullis af te laai toe die pa doodgeskiet is waar hy langs sy bakkie aan die bestuurderskant gestaan het. Die seun is in die passasiersitplek van die bakkie doodgeskiet.

Die motief vir die dubbele moord is onbekend, maar die ondersoek duur voort.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om die ondersoekbeampte, speur-AO John Lourens, by 071 352 4706 te bel.