Brekende Nuus
Afrikaans

Pa en seuns lewenslank vir moord gevonnis

Foto: SAPD
Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Given de Koker (60), Neillon de Koker (30) en Clyde de Koker (24) is elkeen deur die Kimberley-streekshof tot lewenslange tronkstraf vir die moord op Teboho Madiehe (36) opgelê.

Sers. Merapelo Pilane sê die twee broers het op 1 Desember 2019 van ‘n plaaslike nagklub huis toe gestap. Onderweg is hulle deur ‘n groep verdagtes van hulle selfone en skoene beroof. Hulle het hulle pa van die voorval vertel, waarna daar besluit is om na die verdagtes te gaan soek.

“Hulle het op die oorledene afgekom, wat hulle as een van die vermeende rowers uitgewys het.”

Madiehe is volgens Pilane fisies aangerand en bewusteloos in die straat gelos. Geen van die geroofde items is teruggevind nie.

“Die voorval is by die Kimberley-SAPD aangemeld en die drietal is later op dieselfde dag in hegtenis geneem en van moord aangekla.”

Speur.sers. Modise Clive Moshotloa is vir die suksesvolle afhandeling en vonnisoplegging van die saak geprys.