Pa pleit skuldig nadat babadogter na aanranding en verkragting sterf

Lees ook :

Foto: Channel N-TV

GAUTENG. – Hugo Ferreira (37) het op 8 Junie 2023 in Welverdiend, naby Carletonville, sy babadogter (8 dae oud) geslaan en verkrag. Sy het ‘n dag later gesterf. Ferreira het in die Pretoria-hooggeregshof op die aanklagte teen hom skuldig gepleit.

Sosiale media wemel van Suid-Afrikaners se misnoeë oor die saak. Ferreira sal binnekort gevonnis word.

Die babadogter is op die betrokke dag in haar pa se sorg gelaat, terwyl sy meisie (die babadogter se ma) uit was om van hul besittings te verkoop om doeke te kan koop. Die baba het weens honger gehuil, waarna sy deur Ferreira geslaan is. Nadat sy geslaan is en beserings opgedoen het, het Ferreira besluit om haar “iets te gee om oor te huil,” waarna sy verkrag is. Die pa het die beseerde baba van sy meisie met haar teruggekeer weggehou, maar nadat sy die beserings ontdek het, het sy haar met die baba na ‘n hospitaal gehaas. Die baba het egter op 9 Junie aan haar beserings gesterf.

“Women For Change is diep geskok en hartgebroke deur die verskriklike brutaliteit wat ‘n 8-dag-oue pasgebore baba toegedien word – ‘n herinnering aan die dringende behoefte om hierdie oorlog teen ons kinders en vroue in Suid-Afrika te beëindig. Teken die petisie om GBV tot ‘n nasionale ramp te verklaar en staan ​​saam met ons by die Uniegebou op 11 April 2025. Teken ons petisie: https://chng.it/4ZMr7cJRpt

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Bron: Woman For Change

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief