Pa steek glo eers kind in nek en toe homself

Lees ook :

Foto: Titanium Securitas

WES-KAAP. – ‘n Pa het Saterdag glo eers sy seun in die nek gesteek, waarna hy homself gesteek het. Paramedici was by die Engen-vulstasie in Durbanville toe die ma, met ‘n bebloede kind in haar arms, langs hulle stop.

Titanium Securitas sê dié diens se mediese reaksie-eenheid het omstreeks 11:40 in die ambulans gesit en verversings genuttig, toe ‘n voertuig met ‘n ma en haar bebloede kind teen ‘n hoë snelheid langs hulle stilhou. Die seun het lewensbedreigende steekwonde aan sy nek opgedoen. Hy is dadelik in die ambulans gelaai in’n poging om hom te stabiliseer en na Durbanville Mediclinic vervoer.

Met aankoms by die hospitaal het paramedici verneem die pa het homself ook gesteek en was in ‘n kritieke toestand, steeds met ‘n mes in ‘n kamer. Hy is deur die polisie gearresteer, waarna hy op die toneel behandel en onder polisiebewaking na ‘n mediese fasiliteit geneem is.

Titanium Securitas bedank Durbanville-Mediclinic en die Durbanville-polisie vir hulp op die toneel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief