Pa steek glo seun dood, in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Pa (50) wat glo Sondag sy seun Bryton Engelbrecht (18) doodgesteek en homself as verdagte aan die polisie oorgegee het, is in hegtenis geneem.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die polisie is omstreeks 11:00 uit na ‘n klagte van ‘n seun wat reeds 07:00 met ‘n steekwond opgeneem en in ‘n provinsiale hospitaal gesterf het. Die seun het ‘n steekwond in die rug gehad.

Die oorledene se pa het homself aan die Kamesh-polisie oorhandig. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Kamesh-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief