Pa sterf aan messteekwonde, seun steek glo homself

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Pa (62) is Sondag omstreeks 17:00 by sy huis buite Malelane doodgesteek. Sy seun (24) het ook glo selftoegediende messteekwonde gehad.

Kapt. Magonseni Nkosi sê die pa en seun het saam gewoon. Hule het glo vroeër die dag ‘n argument gehad wat opgelos is. Na kerk het die verdagte na bewering die oorledene die huis ingeroep, ‘n mes gevat en sy pa herhaaldelik gesteek. Die verdagte het probeer vlug, maar is deur lede van die gemeenskap, wat die pa teen trappe sien val het, aangekeer en die polisie is ontbied.

Die verdagte het homself glo gesteek. Sy pa is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte sal vandag op ‘n aanklag van moord in die Nkomazi-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief