MPUMALANGA. – Fanie Petros Mtshali (60) is deur die Witbank-streekhof 15 jaar direk tronk toe gestuur, nadat hy sy dogter (24) op 10 September 2022 in Phola, naby Witbank, geklap, sy op die televisiestel geval en daarna gesterf het.
Lt. kol. Jabu Ndubane sê die oorledene het op die betrokke aand om 23:00 het die oorledene omstreeks 23:00 laat tuisgekom. Mtshali het haar gekonfronteer en ‘n argument het ontstaan, waarna hy haar geklap het. Sy dogter het op die televisiestel geval en het daarna aan haar beserings gesterf. Sy is op die toneel dood verklaar. Mtshali is die volgende dag gearresteer en vir moord aangekla. Hy is borg geweier en was sedert sy inhegtenisneming in aanhouding.
Die hof het Mtshali op 21 Januarie gevonnis en ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.





