Pa verkrag dogter oor te veel tiendes aan kerk

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Pa (58) wat sy dogter (13) aangerand en verkrag het, het dit gedoen omdat haar ma hom verkul het en te veel tiendes aan die kerk betaal het. Die pa is lewenslank en addisioneel vyf jaar tronk toe gestuur.

Monica Nyuswa, woordvoerder vir die NVG, sê die pa is deur die Secunda-streekhof skuldig bevind en gevonnis, nadat die voorval in Oktober 2020 tydens die Covid-19-inperking gebeur het. Die pa se identiteit word weerhou om die slagoffer van sekondêre viktimisasie te beskerm.

Die kind was op die betrokke dag weens die rotasieskedule van die inperking nie by die skool nie. Sy het in haar slaapkamer gebad, toe die pa glo die kamer binnegegaan en gemaak het of hy na iets soek. Hy het weer uitgegaan en later met ‘n sambok teruggegaan, waarna hy sy dogter eers aangerand, toe na die bed gesleep en haar daarna verkrag het. Na die verkragting het hy sy dogter ingelig hy het dit aan haar gedoen omdat haar ma hom verneuk het en te veel tiendes aan die kerk betaal. Die dogter is tot stilswye gedreig.

Die kind het ‘n jaar later emosioneel geraak en vir vriende by die skool vertel wat gebeur het. ‘n Onderwyseres en die polisie is ingelig, waarna die pa gearresteer is.

Nyuswa het in die hof die aanklagte teen hom ontken en gesê die kind se ma het haar beïnvloed om die beweringe te maak. Die staatsaanklaer het die eerste aanmelding en mediese verslag wat die verkragting bevestig aan die hof voorgelê. Bewyse en getuies is as oorweldigend en betroubaar bestempel en die hof het geen rede gevind om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk nie.

Die pa mag buiten die tronkstraf nie met kinders werk nie, is onbevoeg om ‘n vuurwapen te besit en sy naam sal in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief