Pa verkrag glo eie drie kinders

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Pa (41) van Malelane het Maandag in die Nkomazi-landdroshof op aanklag van verkragting van sy drie dogters (6), (10) en (13) voorgekom.

Die saak is vir borgaansoek en verdere ondersoek tot 7 November uitgestel. Die pa bly in aanhouding.

Kol. Donald Mdhluli sê die kinders het die verkragting verduur, totdat die 13-jarige dit met ‘n vriendin by die skool gedeel en dit aan onderwyspersoneel vertel is.

“Nadat die skoolowerhede van die mishandeling verneem het, is die departement van maatskaplike ontwikkeling geaktiveer, wat dit op hulle beurt by die polisie aangemeld het.”

Voorlopige ondersoek is gedoen en die kinders is vir verdere ondersoek na ‘n mediese fasiliteit geneem. Die pa is Saterdag gearresteer. Die seksuele misdade teen die kinders het plaasgevind terwyl die ma geslaap of televisie gekyk het.

Al die kinders, drie meisies en ‘n seun, is uit hul ouerhuis verwyder en in ‘n plek van veiligheid geplaas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief