Pa wat babadogter van 11 mnde. verkrag twee keer lewenslank tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die pa (32) van Olievenhoutbosch wat skuldig bevind is aan die verkragting van sy 11 maande oue babadogter op 30 April 2023 is deur die hooggeregshof in Pretoria tot twee keer lewenslange tronkstraf vir verkragting en poging tot moord gevonnis.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die pa is nog twee jaar ekstra direkte tronkstraf vir regsverydeling gevonnis. Sy naam sal ook in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring word.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Pa (32) van Olievenhoutbosch is gister vir die verkragting van sy babadogter (11 mnde. ten tyde van die misdaad in 2023), poging tot moord en regsverydeling in die Pretoria-hooggeregshof skuldig bevind.

Lumka Mahanjana, streekswoordvoerder vir die NVG, sê die ma het die baba op 30 April 2023 in die beskuldigde se sorg gelaat. Die volgende oggend het sy die beskuldigde in die straat gesien en oor die baba gevra. Hy het gesê sy slaap. Tydens die ruil van die baba se doek het die ma onraad gemerk en voorgestel die baba word kliniek toe geneem. Die pa het op ‘n tradisionele geneser aangedring waar hy verkragting erken het. By die huis het hy die ma met ‘n mes gedreig indien sy die baba na ‘n kliniek sou neem.

Sy het die baba die volgende dag na ‘n kliniek in Venda geneem, waar sy aangeraai is om ‘n saak te maak. Sy het op 4 Mei die saak by die polisie aangemeld en die pa is in hegtenis geneem.

Die beskuldigde het onskuldig gepleit, maar die staat kon bo redelike twyfel die teendeel bewys.

Die saak is tot 6 Maart vir vonnisoplegging uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief