GAUTENG. – ‘n Seun (7) van Daspoort, in die Hercules-polisiëringsgebied, is op Nuwejaar geskiet en in ‘n kritieke toestand in ‘n hospitaal opgeneem.
Kol. Mavela Masondo sê aan Nuusflits die pa is in hegtenis geneem en vir poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen aangekla.
Die pa het in die Pretoria-landdroshof verskyn, waarna die saak vir ‘n formele borgverhoor tot 10 Januarie uitgestel is.