Paar by hek gewond toe verdagte glo op hulle skiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Man en vrou, onderskeidelik 39 en 36 jaar oud, is Dinsdagaand by hulle oprit se hek in Kerkstraat, Fairview, Barkly-Oos, gewond toe ‘n verdagte na bewering op hulle geskiet het.

Kol. Priscilla Naidu sê die voorval het omstreeks 18:50 gebeur toe die egpaar in hulle voertuig deur twee verdagtes genader is. Verskeie skote is na die bestuurderskant van die voertuig geskiet.

Die man het verskeie skietwonde opgedoen, terwyl sy vrou in die heup getref is. Hulle is vir mediese hulp na ‘n hospitaal vervoer.

Naidu sê speurders was nog op die misdaadtoneel besig toe ander polisie-eenhede in die area na die verdagtes begin soek het. Drie verdagtes, tussen 23 en 36 jaar oud, is binne ure in die dorp en in die Nkululeko-woonbuurt geïdentifiseer en vir ondervraging ingeneem.

Woensdag is twee van die verdagtes vrygelaat en die derde verdagte (36) is vir poging tot moord aangekla. Die motief blyk taxi-verwant te wees. Die vetdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief