Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza
KALIFORNIË. – ’n Paar van Kalifornië wat ’n veldbrand in 2020 veroorsaak het tydens ’n geslagsbekendmakingspartytjie (gender reveal) het skuldig gepleit.
Refugio Jimenez jr. en Angelina Jimenez het in 2020 gekleurde rookbomme gebruik by die El Dorado Ranch om die geslag van hulle ongebore baba bekend te maak. Die bosse om hulle het vlam gevat toe die rookbomme afgegaan en ‘n veldbrand ontstaan het.
’n Brandbestryder, Charles Morton, is dood in die veldbrand toe die vlamme die gebied waar hulle gewerk het oorgeneem het.
Jimenez jr. het skuldig gepleit op aanklagte van onwillekeurige manslag en brandstigting in ‘n bewoonde gebied. Sy vrou het skuldig gepleit op die klag van brandstigting.
Die saak teen hulle is verlede jaar aanhangig gemaak na ‘n bevinding van die Forest Service dat die rookbomme wat hulle gebruik het, onwettig en “foutief” was.
Bronne: The Independent, AP News, CBS News
Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza





