Paar se liggame in huis ontdek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die reeds gevorderde ontbindende liggame van ‘n man (33) en ‘n vrou (24) is Saterdag in ‘n huis in Northam aangetref. Die polisie is besig met ‘n moord- en geregtelike doodsondersoek.

Kol. Malesela Ledwaba sê die grusame ontdekking is gemaak, nadat die paar op Kersdag kort voor 24:00 laas by ‘n plaaslike kroeg gesien is. Die paar was in ‘n verhouding en het saamgewoon. Volgens inligting is die liggaam van die vrou in die bed aangetref en dié van die man het aan die dak gehang.

Ledwaba sê terwyl die motief vir die insident ondersoek word, kan huishoudelike geweld nie uitgesluit word nie.

Die identiteit van die oorledenes sal mettertyd bekend gemaak word. Intussen duur die ondersoek voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief