Paartjie vasgetrek wat glo enkelpa voor minderjarige dogter doodsteek

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Paartjie (34) is in Shakaskraal in hegtenis geneem nadat William Mputhi (34), ‘n enkelpa, Saterdagaand brutaal in Shakas Head in die teenwoordigheid van sy dogter (6) doodgemaak is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing Mphuthi is omstreeks 18:30 met ‘n sekel in sy oprit doodgesteek. Hy is later by ’n kliniek in Tongaat dood verklaar. Die verdagtes het ná die voorval met hulle dogter (3) van die toneel gevlug. Volgens Rusa is hulle ook met die sekel wat steeds bloed gedrup het, van die toneel af weg.

Maandagoggend het Mputhi se skoonma Rusa gekontak oor vrese dat die verdagtes sou vlug. Nadat ‘n aantal leidrade van verskeie plekke, waaronder Johannesburg, Richardsbaai en Pietermaritzburg, opgevolg is, het reaksiebeamptes die paartjie by ’n huis in Shakas Head vasgetrek.

Agt Rusa-beamptes het die perseel omring. Die vroulike verdagte, met haar kind by haar, is ná waarneming aangekeer. Haar man is kort daarna onder ’n stapel klere gevind en nadat hy aanvanklik weerstand gebied het, in hegtenis geneem.

Die paartjie word by Umhlali-polisiekantoor op ‘n aanklag van moord aangehou.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief