Parkie-leerling veg moedig teen kanker

Lees ook :

Foto: Laerskool Selectionpark

GAUTENG. – Voorbidding word gevra vir Kayla van der Merwe, ‘n gr. 7-leerling van Laerskool Selectionpark in Springs wat moedig teen stadium 3-kanker veg.

Volgens ‘n Facebook-plasing van die skool is sy met ‘n hoë infeksietelling in die Charlotte Maxeke-hospitaal opgeneem, wat veroorsaak het dat haar chemobehandeling uitgestel moes word.

Lees die skool se plasing hier onder:

Gebedsversoek vir Kayla

Ons vra vandag met nederige harte dat die gemeenskap asseblief sal saamstaan in gebed vir een van ons geliefde Parkie-leerlinge, Kayla van der Merwe, ’n graad 7-leerling wat tans dapper teen stadium 3 kanker veg. Kayla is onlangs opgeneem in die Charlotte Maxeke-hospitaal met ’n hoë infeksietelling, wat veroorsaak het dat haar chemoterapie uitgestel moes word totdat haar toestand verbeter. Ons vra dat julle saam met ons sal bid vir:

  • 💛 Kayla se volkome herstel
  • 💛 Dat die infeksie vinnig en volledig opklaar
  • 💛 Krag, hoop en moed vir Kayla en haar ouers in hierdie moeilike tyd

Mag ons as gemeenskap haar dra met liefde, ondersteuning en volgehoue gebed. “Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.”
~ Romeine 12:12

#BidVirKayla

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief