LIMPOPO. – ‘n Voertuig van R4 m. van ‘n parlementslid is Donderdagmiddag in ‘n parkeerarea by Menlyn Mall in Pretoria gesteel. Die voertuig is die aand onderweg na Zimbabwe onderskep.
Kol. Malesela Ledwaba sê die provinsiale teen-smokkel-taakspan het ‘n verdagte (42) in hegtenis geneem nadat die voertuig in Lebowakgomo, buite Polokwane, opgespoor is. Die verdagte is onwettig in die land.
Die Zimbabwiese burger sal Maandag op aanklagte van die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig en oortreding van die immigrasiewet in die Polokwane-landdroshof voorkom.
Die polisie se ondersoek duur voort.





