PAS BEKEND: Julius Malema tot 5 jaar direkte tronkstraf gevonnis

Lees ook :

Foto: Skermgreep van eNCA opname

OOS-KAAP. – Julius Malema, die EFF-leier, is tot vyf jaar direkte tronkstraf deur die Oos-Londen-landdroshof gevonnis. Malema is van plan om te appeleer.

AfriForum sê landdros Twanet Olivier het die vonnis van vyf jaar opgelê op die hoofaanklagte, wat die roekelose afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied insluit. Die hof het ook ’n bykomende vonnis van twee jaar opgelê vir die tweede aanklag, die onwettige besit van ammunisie. Volgens AfriForum beteken dit ’n effektiewe vonnis van tussen vyf en sewe jaar, afhangend van hoe die strawwe saamgevoeg word. Die organisasie sê verder die vonnis is nie opgeskort nie en behels direkte gevangenisstraf. Hulle voeg by dat Malema se regspan reeds aangedui het dat hulle teen die uitspraak gaan appelleer. Daar word ook beweer dat Malema waarskynlik borgtog hangende die appèl sal kry, wat beteken hy kan intussen vry bly. AfriForum sê verder indien die vonnis bekragtig word, kan dit moontlik sy setel as lid van die Parlement beïnvloed.

Kyk na die vonnisoplegging hier onder. Nuusflits sal wanneer meer inligting bekend is, dit met lesers deel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief