GAUTENG. – Die polisie is tans op ‘n aktiewe misdaad-ontploffingstoneel in Slovo Park, Springs, waar vyf huise beskadig is. Twee persone is beseer, van wie een die eienaar van die huis is waar die ontploffing plaasgevind het. Albei is na die hospitaal geneem.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê luidens ‘n verklaring aan Nuusflits die omstandighede aangaande die voorval vorm deel van die ondersoek. Springstofdeskundiges is op die toneel om die gebied vir enige ander ploftoestelle na te gaan en bystand met die ondersoek te verleen. Openbare Orde-polisiëring (OOP) is ook op die toneel om die situasie te monitor.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





