KWAZULU-NATAL. – Die lugreddingskoördinasiesentrum (ARCC) is vandag (Woensdag 15 Oktober) in kennis gestel van ’n ligte vliegtuig in Nottingham wat ’n MAYDAY-sein aan lugverkeerbeheer gestuur het.
Gregory Critchley, ARCC-hoof, sê in ‘n verklaring die KZN-vroeëwaarskuwingnetwerk het onmiddellik soek- en-reddingspanne ontbied om met ‘n operasionele soektog te begin. Die soektog is tans vir twee vliegtuie wat nie hul bestemming bereik het nie.
Die operasie word gelei deur die SAPD se soek-en-reddingspan, met bystand van SARZA KZN, Mountain SAR, HAMNET, K9SARA, Midlands EMS, IPSS Search and Rescue, Freddies Fire Services, asook Clandestine Drone Operations.
Die ARCC het bevestig dat verdere inligting vrygestel sal word sodra dit beskikbaar is.






