Brekende Nuus
Nuus

PAS BEKEND: Verdagte vas – item van Elizabeth Tsontso Moselakgomo in besit

Foto: SAPD

GAUTENG. – ’n Verdagte is in hegtenis geneem nadat hy in besit gevind is van ’n item wat aan die atleet Elizabeth Tsontso Moselakgomo behoort het. Hy sal na verwagting vandag (Maandag) in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, bevestig dat die verdagte waarskynlik van die besit van gesteelde eiendom aangekla sal word. Geen moordklag is in hierdie stadium teen die verdagte gebring nie. Die ondersoek duur voort.