KWAZULU-NATAL. – ‘n Baba se liggaam is Maandagmiddag in Sudumbili aan die Noordkus uit ‘n puttoilet gehaal.
Samantha Meyrick, woordvoerder van IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue, sê hulle is saam met die polisie en landelike brandweer na die toneel. Die pasgebore babaseun is op die toneel dood verklaar.
Die babaliggaam is vir ondersoek aan die polisie oorhandig.





