Pasiënt met Kongokoors steeds in kwarantyn

Lees ook :

Foto: https://www.sciencenewsforstudents.org/blog/scientists-say/scientists-say-quarantine

Mark Elliot (59), wat laasweek met Kongokoors gediagnoseer is, word steeds in die Mangaliso Sobukwe-hospitaal in kwarantyn gehou.

Elliot het tydens hul vakansie op Mosselbaai ’n bosluis op hom gevind.  Hy het Maandag teruggekeer werk toe en het dieselfde dag baie sleg begin voel, waarna hy dokter toe is.

“Doen alles wat hulle kan”

Lulu Mxebezo, woordvoerder van die Departement van Gesondheid, het aan FiND iT bevestig dat Elliot steeds in kwarantyn gehou word en dat hy eers geskuif of ontslaan kan word wanneer sy toestand verbeter. “Die mediese personeel doen alles wat hulle moontlik kan vir Mark.”

Geen ander gevalle van Kongokoors nie

“Geen ander pasiënte met Kongokoors is sover gerapporteer of in die hospitaal opgeneem nie,” sê Mxebezo.

FiND iT het ook vir Sharon, Mark se vrou, probeer kontak, maar sy was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief