Skokkende verhoging in petrolprys vir April

Lees ook :

Motoriste gaan vanaf Woensdag 3 April baie meer moet opdok om hulle voertuie vol brandstof te maak.

Jeff Radebe, minister van energie, het ’n verhoging van R1.34 vir 93-oktaan brandstof in die binneland aangekondig.

Radebe sê: “Die verhoging word deur verskeie faktore beïnvloed. Die wisselkoers en die swakker rand het ongeveer 30c per liter by die petrolprys gevoeg. Brent-ruolie is duurder en het die prys van brandstof met ’n verdere 78c per liter opgestoot.”

“Plaaslike redes het ook die prys beïnvloed. Die heffing op brandstof vir die padongelukfonds het die prys van brandstof met ’n verdere 20c per liter opgejaag. Vervoerkoste het ook ’n invloed op die finale prysverhoging gehad,” verduidelik Radebe.

Prysverhogings vir 3 April

  • Petrol (93 oktaan ULP and LRP): 134.00 sent per liter toename
  • Petrol (95 oktaan, ULP and LRP): 131.00 sent per liter toename
  • Diesel (0.05% swael): 81.70 sent per liter toename
  • Diesel (0.005% swael): 82.70 sent per liter toename
  • Paraffien (grootmaat): 63.00 sent per liter toename
  • SMNRP vir IP: 65.00 sent per liter toename
  • PLG: 171.00 sent per kilogram toename;

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief