Pasop vir ysterpenlokvalle op hiérdie paaie in Pretoria

Lees ook :

Foto's: Chandré N14 Emergency Report Spiking Pretoria to Krugersdorp WA-groep

GAUTENG. – Nadat ysterpenlokval-misdadigers motoriste die afgelope maande op paaie in en om Pretoria geteister het en daar steeds nie ‘n einde aan is nie, het AfriForum ‘n kaart met brandpunte uitgereik. Die burgerregte-organisasie maan padgebruikers om op dié paaie versigtig te wees.

Skerpgemaakte ysterpenne of klippe word gebruik om motoriste tot stilstand te dwing en hulle dan te beroof. Die organisasie se buurtwagte het gewerk om hierdie voorvalle te help bekamp en slagoffers van dié tipe misdaad te ondersteun.

Paaie wat as brandpunte geïdentifiseer is, is nasionale paaie, soos die N1, N12, N14, N4, R566 en die R80. Die organisasie waarsku egter die voorvalle is nie net tot hierdie paaie beperk nie.

Jacques Broodryk, woordvoerder vir AfriForum se gemeenskapsveiligheid, sê die misdadigers slaan elke dag van die week en in donker toestande veral in groepe toe. Buiten die skerpgemaakte ysterpenne, word daar in sommige insidente voorwerpe in die pad geplaas en wanneer motoriste dit verwyder, word daar toegeslaan. In ander gevalle is klippe na voertuie gegooi met die hoop om ‘n ongeluk te veroorsaak sodat daar toegeslaan kan word.

Voorvalle moet by die polisie en naaste AfriForum-buurtwag aangemeld word.

AfriForum herinner ook graag die publiek aan die volgende veiligheidswenke met betrekking tot die voorvalle:

Moet onder géén omstandighede die motor stop ná ’n insident waarin die voertuig se bande, voorruit of ander onderdele beskadig is nie. Hou sover moontlik aan met ry tot by ’n veilige bestemming. Kontak jou plaaslike buurtwag, veiligheidsmaatskappy of nooddiens so gou moontlik en stel hulle in kennis van die voorval. Gee volledige besonderhede rakende die voorwerp wat in die lokval gebruik is en verskaf die adres of ligging daarvan. Dit sal aanvalle op motoriste wat moontlik ná jou op dieselfde manier geteiken word, kan voorkom.

Maak seker jou selfoon is gelaai voordat jy die pad aandurf. Deel jou ligging met geliefdes, veral wanneer jy alleen reis. Wees paraat en kom in die gewoonte om vooruit in die pad te kyk om sodoende enige bedreigings, vreemde voorwerpe of mense op of langs die pad betyds raak te sien. Stoor die kontaknommers van die nooddienste, buurtwag of veiligheidsmaatskappy op jou foon. Oorweeg dit om ’n nooddienstoepassing, soos die AfriForum 911-paniekknoppie-toepassing, op jou foon te installeer. Dié toepassing is gratis beskikbaar op Google Play Store (vir Android-toestelle) en die App Store (vir iOS-toestelle).

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief