GAUTENG. – Volgens sommige passasiers het hulle ure in vliegtuie gesit en wag nadat OR Tambo Internasionale Lughawe (Ortia) aangekondig het hulle ondervind uitdagings om brandstof aan te vul.
Die lughawemaatskappy van Suid-Afrika sê Ortia kan nie soos normaalweg brandstof aanvul nie en bevestig vlugvertragings kom voor. Tegnici werk aan die probleem en passasiers sal op hoogte gehou word. Passasiers word aangeraai om hulle lugrederye te kontak, of die Acsa-toepasing op hulle selfone af te laai om opdaterings te kry.
Verskoning is vir enige ongerief gevra.
Anneria van Niekerk sê: “We’ve been stuck in an aeroplane for 2 hours and 50 minutes…cannot get off as the airport is overcrowded..the update is that there is only one fuel truck to assist while the airport’s fuel pumps are down… how absolutely ridiculous is that for backup! Maybe time for new management who knows how to maintain their equipment and plan better for emergencies?”
Nelda van Zyl het die volgende foto gedeel:






