Passasierstrein ontspoor in Paarl

Lees ook :

Foto: Drakenstein Farm Watch

WES-KAAP. – Twee kompartemente van ‘n passasierstrein met passasiers het Dinsdagaand omstreeks 18:30 in die Paarl by die Daljosaphat-stasie ontspoor.

Lt.kol. Malcolm Pojie het aan Nuusflits bevestig die polisie is na die ongelukstoneel.

Volgens Drakenstein Farm Watch het die ongeluk by die stasie, onderweg van Kaapstad na Wellington, gebeur. DFW is saam met nog nooddienste na die toneel ontbied.

Prasa het aan Nuusflits bevestig 25 passasiers wat beserings opgedoen het, is na hospitale vervoer. Geen noodlottige beserings is aangemeld nie. Die voorval word ondersoek.

Foto’s: Drakenstein Farm Watch

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App