Passasiersvliegtuig aan lugvaartskool oorhandig

Lees ook :

Foto: GDO

GAUTENG. – ‘n Embraer 135-passasiersvliegtuig wat uit diens is, word vandag (Dinsdag) deur Airlink aan die Rhodesfield-ingenieurskool vir spesialisasie in Kempton Park oorhandig.

Steve Mabona, woordvoerder vir die Gauteng-onderwysdepartement, sê die vliegtuig sal as ‘n unieke vaardigheidsopleidingshulpbron in lugvaart vir leerlinge aan die skool dien. Dit sal hulle in staat stel om praktiese ervaring in die lugvaarsektor op te doen, met ‘n werklike vliegtuig op die skoolperseel.

Mabona sê Matome Chiloane, die LUR vir onderwys, sal die amptelike oorhandiging om 10:00 by die skool lei.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief