Peiling wys EFF kan amptelike opposisie word

Lees ook :

Nuwe data wys EFF kan amptelike opposisie party word
Nuwe data wys EFF kan amptelike opposisie party word

Lees ook: Vote to rescue South Africa

Die resultate van ‘n Ipsos-peiling het bevind die EFF kan moontlik die amptelike opposisieparty word. Tans is die DA die amptelike opposisie.

Ipsos, een van die grootse marknavorsingmaatskappye in die wêreld, het tussen 23 Oktober en 1 Desember 2023 inligting bymekaargemaak om die politieke situasie in Suid-Afrika uit te pluis.

Hulle het ‘n vraelys uitgestuur om te sien watter party geniet voorkeur. Een van die vrae wat gestel is, was “As die verkiesing môre was, vir wie sou jy stem?” Die EFF het 18.6% van die stemme gekry en die DA 17.3%.

In die scenario het die ANC 38.5% van die stemme, Inkatha Freedom Party het 3.6% en Action SA het 3.4%.

10.1% van die mense het verkies om nie te stem nie, kon nie besluit nie of het geweier om te antwoord oor watter party hulle verkies. Dit kan die uitkoms van die verkiesings beïnvloed.

In nog ‘n scenario het die ANC se ondersteuning na 40.5% gedaal, terwyl die DA se ondersteuning tot 20.5% en die EFF tot 19.6% gestyg het.

Bronne: IOL, Wits University, The Africa

Lees ook: Vote to rescue South Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief