Pendelaar dood toe voertuig met groente oor brug tuimel

Lees ook :

Groente-voertuig tuimel by brug af. Foto: ALS

DURBAN, KZN. – Een persoon is dood en nog een beseer toe ’n voertuig wat groente vervoer het oor die N2-brug noord van Durban getuimel het.

Volgens ALS Paramedics Medical Services het die bestuurder beheer oor die voertuig op die N2-suid verloor. ‘n Pendelaar, wat op die brugmuur gesit het, is getref, waarna die voertuig na onder tot in North Coast-weg geval het.

Die pendelaar, vermoedelik in sy dertigs, het noodlottige wonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder was die enigste insittende van die voertuig. Hy het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hy hospitaal toe vervoer is.

Volgens ALS is die oorsaak van die ongeluk nog nie bekend gemaak nie. Die SAPD was op die toneel.

Bron: ALS Paramedics Medical Services

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief