Brekende Nuus
Afrikaans

Pensioenaris wen miljoene met PowerBall Lotto-kaartjie

'n Pensioenaris van Gqeberha wen miljoene.

Pensioenaris wen miljoene
Foto: National Lottery

OOS-KAAP. – ‘n Pensioenaris wat sy PowerBall Lotto-kaartjie by die Boxer Super Store in Port Elizabeth (Gqeberha) gekoop het, was op 17 November meer as R8 miljoen ryker.

Die boerpot van ‘n allemintige R8 187 355.60 vir die voormalige mynwerker wat ‘n nutsman geword het, beteken hy kan heel moontlik sy droom om ‘n konstruksiebesigheid te begin, bewaarheid.

Hy beplan om die lewe vir sy gesin gemakliker te maak.