Pensionaris ‘bedwelm en beroof’

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection

KWAZULU-NATAL. – ‘n Pensionaris is onlangs glo in ‘n huis in The Campbell’s-dorpsarea in Phoenix bedwelm en beroof.

Volgens KZN VIP Protection Services is mediese bystand versoek.

Volgens rapportering nader ‘n vrou na bewering pensionarisse met ‘n belofte van kruideniersware en kontantbewyse. Wanneer die aandag van die pensionarisse afgelei is, word hulle bedwelm en van besittings beroof.

In die betrokke geval het die verdagte glo die pensionaris van ‘n onbekende aantal items beroof en haar sonder hulp op die grond gelos, waarna sy gevlug het.

Volgens die KZN VIP Protection-paramedici het die pensionaris skaars reageer en sy is na ‘n mediese fasiliteit gehaas.

KZN VIP Protection Services vra kinders van pensionarisse om hul ouer familielede teen kriminele te waarsku en weerbaar te maak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief