PAARL, WES-KAAP. – Cai, ’n perd uit die Paarl-omgewing, herstel goed nadat hy onlangs deur ’n slang gepik is.
Volgens die Vetscape-dierehospitaal in die Paarl, het Cai se gesig hewig begin opswel en sy lugpype te nou vir voldoende asemhaling geword.
Dr. Tabitha Prior van die dierehospitaal het ’n spesiale metode gebruik om sy neuskanale oop te hou. Hy kon vir ’n geruime tyd nie eet of drink nie en is in hulle hoësorgeenheid opgeneem.
Volgens Vetscape is hy besig om goed te herstel en geniet veral sop op ’n gereelde basis.
Bron: Vetscape Animal Hospital Facebook