Perd herstel goed na slangbyt

Lees ook :

Perd herstel goed na slangbyt. Foto: Vetscape Animal Hospital

PAARL, WES-KAAP. – Cai, ’n perd uit die Paarl-omgewing, herstel goed nadat hy onlangs deur ’n slang gepik is.

Volgens die Vetscape-dierehospitaal in die Paarl, het Cai se gesig hewig begin opswel en sy lugpype te nou vir voldoende asemhaling geword.

Dr. Tabitha Prior van die dierehospitaal het ’n spesiale metode gebruik om sy neuskanale oop te hou. Hy kon vir ’n geruime tyd nie eet of drink nie en is in hulle hoësorgeenheid opgeneem.

Volgens Vetscape is hy besig om goed te herstel en geniet veral sop op ’n gereelde basis.

Bron: Vetscape Animal Hospital Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief