Persoon sterf toe taxi en bakkie trompop bots

Lees ook :

Foto: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – Een persoon het ‘n kort rukkie gelede gesterf en 16 ander is beseer toe ‘n bakkie en ‘n taxi op die R614 naby Wartburg in ‘n botsing reg van voor betrokke was.

Midlands EMS sê die diens is omstreeks 11:30 na die ongelukstoneel gestuur. Een persoon het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar. Nog 16 ander insittendes is kritiek tot matig beseer.

Alle beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese hulp na ‘n hospitaal vervoer is.

Owerhede is op die toneel teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief