Persoon van belang gesoek nadat baba in erf ontdek is

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – ‘n Persoon van belang word gesoek nadat ‘n babaseun, vermoedelik vyf of ses maande oud, op 8 Augustus in ‘n kombers in ‘n erf in Tornadoville, Hanover ontdek is.

Sers. Timothy Sam sê De Aar-GKS is op soek na ‘n onbekende vrou, tussen 30 en 35 jaar, wat opgemerk is toe sy die babaseun in die straat gedra het.

Die vrou was in ‘n bruin jas en wolhoed geklee.

Enigiemand met inligting oor die kinderverwaarlosingsaak word gevra om speur.sers. Ilse Fan by 072 694 6894 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief