KWAZULU-NATAL. – ‘n Peuter (1) is na bewering op 6 Mei by ‘n kleuterskool in Newlands-East verkrag.
Women For Change sê na bewering het die peuter by die kleuterskool agtergebly toe ander vir swemlesse geneem is. Slegs die kleuterskooleienaar, haar man en twee babas was glo op die perseel toe die pa haar aan die eienaar oorhandig het. Toe die peuter se pa haar gaan haal, het sy gehuil en haar ma, wat onraad vermoed het, het ondersoek ingestel. Die peuter is hospitaal toe geneem en hulle is glo weggewys. Die volgende dag is hulle na ‘n dokter toe, maar ‘n rape kit was nie beskikbaar nie. Twee dae later is fisiese verkragting deur ‘n dokter bevestig en ‘n saak is by die polisie oopgemaak.
Die verdagte word na bewering van nog ‘n voorval beskuldig. Newlands-East-polisiestasie ondersoek die saak.
Kol. Robert Netshiunda het die voorval aan Nuusflits bevestig en gesê ‘n saak is oopgemaak.





