Brekende Nuus
Afrikaans

Pfizer gaan skik in meer as 10 000 kankerregsake

Pfizer gaan skik in meer as 10 000 kankerregsake

fotokrediet: Canva
Pfizer gaan skik in meer as 10 000 kankerregsake fotokrediet: Canva

Lees ook: Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose

VSA. – Pfizer het ingestem tot ‘n skikking in meer as 10 000 regsake waarin dit beweer is hulle het die kankerrisiko wat deur hulle medikasie vir sooibrand veroorsaak word, weggesteek.

Verskeie mense het Pfizer gedagvaar na studies in 2020 bevind het ‘n bestanddeel in hulle Zantac-sooibrandmiddel “stel waarskynlike menslike karsinogene vry”.

Pfizer was die hoofvervaardiger van Zantac tussen 1998 en 2006. Verskeie van die regsake beweer hulle moes toe geweet het die middel bevat ‘n kanker-veroorsakende chemikalie.

Tydens die regsake is ook beweer Zantac is met die chemikalie besmet tydens die vervaardigingproses en dat Pfizer die inligting weerhou het.

Dit is sover nog onbekend hoeveel die skikkings Pfizer gaan kos.

Bronne: Daily Mail, Bloomberg, Yahoo

Lees ook: Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose