Pfizer gaan skik in meer as 10 000 kankerregsake

Lees ook :

Pfizer gaan skik in meer as 10 000 kankerregsake
Pfizer gaan skik in meer as 10 000 kankerregsake fotokrediet: Canva

Lees ook: Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose

VSA. – Pfizer het ingestem tot ‘n skikking in meer as 10 000 regsake waarin dit beweer is hulle het die kankerrisiko wat deur hulle medikasie vir sooibrand veroorsaak word, weggesteek.

Verskeie mense het Pfizer gedagvaar na studies in 2020 bevind het ‘n bestanddeel in hulle Zantac-sooibrandmiddel “stel waarskynlike menslike karsinogene vry”.

Pfizer was die hoofvervaardiger van Zantac tussen 1998 en 2006. Verskeie van die regsake beweer hulle moes toe geweet het die middel bevat ‘n kanker-veroorsakende chemikalie.

Tydens die regsake is ook beweer Zantac is met die chemikalie besmet tydens die vervaardigingproses en dat Pfizer die inligting weerhou het.

Dit is sover nog onbekend hoeveel die skikkings Pfizer gaan kos.

Bronne: Daily Mail, Bloomberg, Yahoo

Lees ook: Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief