Phoenix-hotelrowers in hof

Lees ook :

Die vier verdagtes wat Sondagoggend vasgetrek is vir die gewapende roof op die eienaar van  die Phoenix-hotel, het Dinsdag in die Kimberleyse landdroshof verskyn.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, sê: “Die eienaar het na bewering opgekas en was op pad om die perseel te verlaat toe die vier gewapende verdagtes hom voorkeer. Die verdagtes het die sak waarin die dag se wins gebêre is by die eienaar gegryp. Die verdagtes het met ’n groot som geld in ‘n grys Toyota Yaris weggejaag. Die polisie het die voertuig agternagesit en die verdagtes is in Cecil Sussmanstraat in die middestad vasgetrek. Die polisie het die geld teruggekry en het twee vuurwapens en die voertuig, wat in die misdaad gebruik is, gekonfiskeer.”

Die vier verdagtes, Oscar Ramono, James Matyalane, Obakeng Vaaltyn en Tshidiso Mpheng, wat teregstaan op aanklag van gewapende roof, sal Vrydag weer in die Kimberleyse landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief