Lees ook: KZN-LUR herinner mense om higiëne toe te pas tydens pienkooguitbraak
KWAZULU-NATAL. – Die aantal pienkooggevalle in KwaZulu-Natal het tot 13 593 gestyg. Sowat 13 500 van die gevalle kom in eThekwini voor.
Die KZN-premier het gesê eThekwini het die hoogste gevallesyfer sedert die uitbraak in Februarie begin het. Volgens die premier, Nomusa Dube-Ncube, sal ’n bewusmakingsveldtog gereël word om mense oor pienkoog op te voed.
Sy het gesê die eerste geval is by die Mangosuthu-universiteit van tegnologie en Cato Manor-kliniek in eThekwini aangemeld. Daarna is gevalle by King Cetshwayo, Umgungundlovu, Ilembe en Ugu gerapporteer.
Mense word herinner om gereeld hulle hande te was en hospitaal toe te gaan as hulle simptome het.
Bronne: IOL, ECR, The Africa
Lees ook: KZN-LUR herinner mense om higiëne toe te pas tydens pienkooguitbraak





