’n Verslag het bevind ’n pikkewyn wat in ’n boks gehou is, het op 19 Januarie ’n helikopterongeluk in die Oos-Kaap veroorsaak.
Lees ook: Botsing tussen Delta-vliegtuig en straler by Reagan National net-net afgeweer
Volgens die Suid-Afrikaanse siviele lugvaartadministrasie het die helikopter ’n lugopname by Bird-eiland in die Oos-Kaap uitgevoer. ‘n Verslag oor die insident het bevind ’n spesialis het gevra om een pikkewyn om ‘n onbekende rede terug te neem na Gqeberha na die helikopter geland het.
Die pikkewyn was in ’n kartonboks op die skoot van die spesialis, waar dit kort na opstyging afgegly het en die sikliese steekbeheerhefboom getref het. Dit het die helikopter laat kantel en die rotorlemme het die grond getref.
Geeneen van die vier persone aand boord, of die pikkewyn, is beseer nie.
Bronne: BBC, The Independent, Evening Standard
Lees ook: Botsing tussen Delta-vliegtuig en straler by Reagan National net-net afgeweer
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





