[t4b-ticker]

Pioneer Foods sê oor rot in brood

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Nombulelo Mkumla

Pioneer Foods sê aan Nuusflits hulle is bewus van die insident, maar het dit as afgehandel beskou voordat die video op sosiale media gedeel is.

Nombulelo Mkumla het ‘n video op sosiale media gedeel van ‘n rot wat sy in gekoopte brood gekry het, nadat sy reeds daarvan geeët het.

‘n Ondersoek is geloods om vas te stel hoe die rot in die brood beland het.

“Ja, ons is bewus van die ongelukkige voorval waarvolgens ‘n verbruiker ‘n rot in ‘n brood gevind het. Die verbruiker het die rot in haar brood gekry en dit terugbesorg aan die winkel waar sy dit gekoop het en sy is terugbetaal. Nadat ons van die voorval bewus gemaak is, het ons probeer om haar te ontmoet om verskoning te vra vir die voorval, maar sy was nie beskikbaar nie. Ons het ook ‘n ondersoek van stapel gestuur na hoe dit kon gebeur het.”

“Ons het die verbruiker om verskoning gevra en het die saak as afgehandel beskou voordat sy haar storie na sosiale media geneem het. Dankie vir jou begrip terwyl ons werk om hierdie kwessie af te sluit.”

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Nombulelo Mkumla het op 8 September ‘n video gedeel van brood wat sy op 27 Augustus gekoop het. Die video het vinnig op sosiale media versprei nadat dit aan die lig gekom het dat daar ‘n rot in die brood was.

Nuusflits het vir SASKO en SPAR kommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief