WES-KAAP. – Chantal van der Westhuizen is Saterdagoggend deur ‘n pitbull aangeval. Sy is tans in ‘n staatshospitaal en daar word probeer om haar in ‘n hospitaal by Cape Gate te laat opneem.
Marisca de Wet sê in ‘n sosialemediaplasing die toneel waarop hulle afgekom het, kan hulle nie aan ander beskryf nie. De Wet sê Van der Westhuizen moet ‘n noodoperasie ondergaan.
“Ek kom vanoggend met ‘n baie seer hart na almal toe as ‘n gemeenskap. Francois Botes se vrou is gisteroggend aangeval deur n pitbull. Sy lê tans in n staatshospitaal waar haar arm uitmekaargeruk is en spiere af is en moet ingaan vir ‘n noodoperasie.”
De Wet sê voorts Van der Westhuizen se drie kinders moes elkeen Saterdagaand op verskillende plekke slaap.
“Ek gee my meisiekind se bankkaart aan Botes vandag en glo God se hand waak oor haar waar sy nog vannag met af spiere en oop arms gelê het waar sy nou nog nie in teater was nie. Maak nie saak jou hart nie, asb. haar kinders het haar nodig. Ek gaan net 2 foto’s deel. Verdere informasie is vir die oog nie goed nie. Chantelle ons weet dis ‘n baie lang pad vorentoe maar weet God se hand waak oor jou vriendin'”






